Anna Davel het haar Diploma in Ligte musiek/Jazz voltooi aan die Pretoria Technikon in 1998. Sy was in 1997 die Algehele wenner van die Atkv se Nasionale sang kompetisie Crescendo. Haar wenkomposisie (Viooltjies) spreek huishoudelike geweld aan, en vestig haar as ‘n liedjieskrywer en sanger. Later die jaar sluit sy aan by Cutt Glas en tree vir 6 jaar op saam met die gewilde Acapella groep. Hulle het in die tyd 3 albums vrygestel en sedert '97 die wêreld vol getoer na o.a. Portugal , Finland , London , China en België. Aan die einde van 2003 verlaat sy die groep om te fokus op haar solo loopbaan, en opwindende goed het sedertdien gebeur!

2007 ALBUM VRYSTELLING

Haar vyfde album Raaisels, skepe & 1000 drome is op 13 Julie 2007 tydens die Volksblad kunstefees vrygestel saam met die debuut van die splinternuwe show.

2006 ALBUM VRYSTELLING

Haar vorige album Godinne op die Grondpad het in Mei 2006 die mees gesogde prys in Afrikaanse musiek gewen; die SAMA vir Beste Afrikaanse kontemporêre Album. Teenoor haar was slegs 4 ander kunstenaars genomineer; nl Karen Zoid, Theuns Jordaan, Lize Beekman en Chris Chameleon. Wat die toekenning meer uitsonderlik maak is dat sy die album onafhanklik vrygestel het en al die musiek self geskryf het.

Anna is deur die Music in the Mountains fees by die Drakensbergse seunskoor skool gevra om ‘n ligte Jazz program saam te stel. Die musiek van die program is in samewerking met Matthys Maree opgeneem op “Linger” en vestig Anna as ‘n ‘ Jazz crooner of note' ! Hierdie produksie is tydloos en word gereeld tydens korporatiewe funksies en feeste landwyd opgevoer. Dit sluit musiek in wat vroeer opgeneem is deur kunstenaars soos Dean Martin, Frank Sinatra, Nat King Cole etc.

PRODUKSIES

•  Sy is uitgenooi na die Kanasie fees in Canmore , Alberta in Kanada tydens die jaarlikse Afrikaanse fees. Anders kunstenaars wat saam met haar opgetree was Thandi en Lorainne Klassen, Randall Wicomb en Karen Zoid.

•  Maart 2007 tree Anna vir ‘n tweede keer op in London .

•  Sy het sedert 1997 reeds meer as 10 musiekproduksies vervaardig vir kunstefeeste en teaters oa: Te Diep , Pers , Moegewroeg , Slaapdans, Die Kleur van Klank , Gypsy, Ashes, Godinne op die Grondpad, Linger en Raaisels en Skepe & 1000 drome.

•  Een van haar gewildste produksies Boheem! is geskryf deur die bekroonde Jaci de Villiers en is saamgestel uit eksotiese europeuse musiek, en was gesien tydens die Woordfees (Stellenbosch), Aardklop (Potchefstroom), Culvitaria fees (Paarl) Innibos fees (Nelspruit), en die magiese Paul Cluver Wyndlandgoed se Amfiteater.

•  Televisie verskynings sluit in Top Billing, Live with Nataniël, Pasella, Draadloos, Geraas, Pitstop, Morning Live, Gons, Hoender, 7de Laan, Stoom, Dis hoe dit is met Steve, DKNT en Kwêla.

•  Radio - Anna se musiek word landwyd gespeel op o.a. Classic FM, Radio 2000, RSG, Radio Algoa, Oosrand Stereo, Laeveld stereo, Radio Rosestad, Radio Helderberg, Overvaal Stereo, IFM. Sy spog met ‘n nommer 4 treffer op OFM se Global Charts ( Teen die einde van die Aand ), uitsonderlik vir ‘n plaaslike kunstenaar.

•  'n Verdere hoogtepunt is ‘n  FNB Vita  toekenning as Beste nuwe kunstenaar vir  die teaterproduksie 'Skadu's teen die Muur'. Uitreksels uit die produksie is saam met Jannie du Toit en Christa Steyn in Oktober 2002 in België opgevoer.

•  Sy was verantwoordelik vir die skryf en vervaardig van die gewilde make-over televisie reeks, FACE 2 FACE op SABC2 se temamusiek in 2004. Dit is gesing deurdie fenominale Jennifer Jones.

•  In 2004 vervaardig sy die opspraakwekkende Ashes, ‘n Latyns-Amerikaanse musiekvertoning, geskryf deur Nataniël en onder regie van Sandra Prinsloo.

•  Onlangs het Anna haar debuut as aktrise gemaak en groot opskuddings veroorsaak as die wulpse Anke in Egoli.

•  Sy was ook saam met Chris Cameleon, Gloria Bosman en Zwai Bala gaskunstenaar tydens die 1000ste Episode Bal feesviering van 7de Laan, SABC2 se gunsteling sepie. Die Bal is op ‘n Saterdagaand om 20:00 uitgesaai vir meer as 1,6 miljoen kykers.

•  Sy het in 2004 die musiek geskryf vir View op die Highway, ‘n musiekteater stuk met Alexa Strachan en Roelof Colyn. In 2005 skryf sy die musiek vir die loket treffer komedie Haar, Hare wat vir vol huise gespeel het tydens Aardklop Nasionale kunstefees.

•  In 2002 tree sy op in die treffer produksie Al daai jazz by die KKNK, saam met Amanda Strydom, Mynie Grove, Gloria Bosman, Karen Zoid e.a. Hierdie produksie word landwyd gesien.

•  Anna speel vir die eerste keer in 2004 musikale regisseur in “Ma'Divine”, ‘n produksie waarin sy ook opgetree het saam met Trix Pienaar, Elzabe Zietsman, Sarah Theron en Natalia da Rocha. Hulle het staande ovasies ontvang tydens die woordfees in Stellenbosch.

•  In 2005 speel sy vir sowat 3000 mense in Nagkantoor, ‘n drama/musiek tribuut aan Koos du Plessis. saam met Matthys Roets, Jannie du Toit e.a. in die Big Top Arena, Carnival City .

•  Anna het sedert 1992 musiek geskryf vir albums van  o.a. Elzabe Zietsman, die Zing!-wenners Johnny en Vivian, Jannie du Toit, Christa Steyn en Herman van den Berg.

VORIGE ALBUMS

Haar eerste  solo-album Te Diep is op eie stoom vrygestel  in 2000: Dit is deur Beeld se jaarlikse terugskou op die musiektoneel uitgesonder as een van die top vrystellings van die jaar en is vir 3 pryse genomineer;

2001 SAMA ( South Africa Music Awards):

Beste kontemporêre album: Afrikaans

2001 SABC 2 GMT Awards:

Beste Rock Album

Beste kontemporêre album

Haar 2de album Gypsy is vir nie minder nie as 8 toekennings benoem!

2004 SAMA

Beste kontemporêre album: Afrikaans

2003 SABC 2 GMT Awards

Album van die jaar

Beste kontemporêre album

Beste Klankingenieur

Beste vervaardiger

Beste liedjieskrywer

Beste omslag ontwerp

Beste vroulike sanger.

Haar derde album - Godinne op die grondpad wen uiteindelik die SAMA na 3 nominasies

2006 SAMA Wenner! - Beste album: Afrikaans Kontemporêr .

Vir meer inligting: info@annadavel.com