Anna Davel het reeds vyf albums vrygestel. Jy kan na kort MP3-uittreksels luister. 

Download MP3's Raaisels, skepe en 1000 drome

 

 

 

 

 

 

 

 

Anna Davel se nuwe oorspronklike album is uiteindelik op die rakke. Weereens is dit suiwer Anna in murg en been, met 13 witwarm, 100% oorspronklike liedjies uit haar pen, asook ‘n splinternuwe bonus musiekvideo. Die musiek is effens meer ritmies as haar vorige albums, maar sy wissel gemaklik van haar kenmerkende sielvolle ballades, (Verdoof en 7 Jaar) na vars Afrikaanse Jazz-swing nommers (Los hom en Hoe ek daarvan hou), Engelse folk (In Flames), Raserige gatskop blues-rock (Loop in die lig), rustige luisterliedjies (Dit wat stom is en Take me home), Country-rock (Auburn sky), Latino (The sailor), en natuurlik hier en daar is daar die wispelturige Gypsy wat onvoorspelbaar haar kop uitsteek (As jou hart reg klop).

Van Suid Afrika se beste musikante het saamgewerk om hierdie album uniek te maak en sluit in Mauritz Lotz, Bruce Wallace, Rixi Roman, Adam Howard, Jean Oosthuizen en Riana Nel. Daar is ook ‘n verassing – ‘n smeulende Latino duet met die rasper rocker – Ghapi! Die musiekregie en vervaardiging van die album is behartig deur Matthys Maree wat ook verantwoordelik was vir Davel se eerste 4 albums Te Diep, Gypsy, Godinne op die Grondpad en Linger.

 

Die lirieke is kleurvol en vertel van skepe op oop oseane, reise sonder of met bagasie, in snikhete of ysige koue, met onafwendbaar, hier en daar ‘n verkeerde afdraai. Daar is liedjies van terugverlang huistoe, rondlopers, getroues en ontroues, ‘n dronk matroos en ‘n verwarde tiener, Gewondes en verstotelinge, ou liefde wat maar sukkel, nuwe liefdes wat hoog vlieg, skuldiges en onskuldiges, die stiltes en die storms... Hoogtepunte – In Flames, Sewe jaar, The Sailor en As jou hart reg klop.

 
Linger

 

 

 

 

 

 

"Linger" is saam met vriend, pianis en vervaardiger, Mathys Maree, opgeneem het na Anna se verskyning op 7de Laan waartydens sy musiek van die 30's gesing het.. Die CD bevat 'n verskeidenheid van bekende ligte jazz en swing liedjies vroeer gesing deur kunstenaar soos Dean Martin, Nat King Cole en Louis Armstrong en is dus ook Anna se eerste album in engels. 

Die band bestaan uit 5 puik musikante wat elkeen sy merk gemaak het plaaslik en oorsee:
Matthys Maree – Produksie, Verwerkings en klavier
Mauritz Lotz – Kitaar
Denny Lalouette – Baskitaar
David Klassen – Tromme
Phil Holder – Tenoor Saksofoon

 

Een van die snitte, "Moonbeam", is uit haar eie pen en daar is een snit wat 'n oorspronklike komposisie is deur Mathys. Ander bekende songs wat op hierdie album ‘n interessante nuwe klank kry is Kick in the head, What a wonderful world, Frim Fram Sauce, Fly me to the moon, Windmills of your mind en Hernando's Hideaway.
 
Download MP3's

Godinne op die Grondpad

 

 

Anna se derde CD is tydens KKNK 2005 vrygestel en het ongekende opgewondenheid onder beide die publiek en die media, ontketen.  Die album bevat 13 oorspronklike snitte uit Anna se eie pen...  een daarvan reeds 13 jaar gelede geskryf!

Ten spyte van die feit dat hierdie al die liriek en musiek oorspronklik is en dat die album onafhanklik uitgegee is deur Anna self, wen hierdie album die mees gesogte prys in die musiek bedryf, Die SAMA 2006 vir Beste Afrikaanse album van die jaar. Die musiek op hierdie album is meer introspektief en sy fokus op veral ballades in ‘n meer dramatise teater styl. Musiek regie – Matthys Maree. Hoogtepunte – Maak my die wind, Diep Swart Rivier, Ashes en Teen die einde van die aand.

 
Download MP3's Gypsy
Die titelsnit is Anna se toonsetting van Koos Kombuis se gedig, Die gypsy in jou oë.  Mathys Maree skryf vir haar 'n song en die res is 100% Anna! Die album ontvang weer 'n SAMA-nominasie en 6 nominasies vir SABC2 Geraas Musiek Toekennings! Hoogtepunte is Dra my saam, Geheim en Te lank al.
 
Download MP3's Te Diep
Anna se eerste CD is vrygestel in 2000 en is aan die einde van daardie jaar deur Beeld aangewys as een van die top Afrikaanse vrystellings van die jaar.  Sy word boonop genomineer vir 'n SAMA-toekenning, sowel as vir twee Geraas Musiek Toekennings.  Die album bevat ook een snit wat deur Herman van der Berg geskryf is, sowel as 'n snit waarvan die liriek geskryf is deur Andrι Nel. ‘n Goeie debuut en positief ontvang deur kritici en die publiek. Hoogtepunte -  Te Diep, Pers en Kruispad.
 

Contact Select Music Distribution on +27 (0)117920145 for your nearest cd shop.

For Online Purchases go to: www.take2.co.za ; www.kalahari.net   or visit www.rhythmrecords.co.za for MP3 Downloads @ R7.00 for each individual song.