15 Jun 2016 – ‘Jazz Up!’ Stellenbosch

Screen Shot 2016-06-14 at 11.23.27 AM

R150.

Drostdy teater, Stellenbosch.


Jazz Up! is ‘n vertoning saamgestel uit splinternuwe Jazz verwerkings  van Anna se gunsteling musiek van die vorige eeu.

Sy het liedjies gekies wat oor alle grense heen beweeg en sing Jazz musiek van regoor die wêreld; Swing Standards, Latynse ritmes, ‘n tint van Blues en nuwe Jazz verwerkings van ‘n paar onverwagse bekendes.

Liedjies waarna die gehoor kan uitsien sluit in: ‘A Nightingale Sang in Berkeley Square’, ‘The Way You Look Tonight’, ‘At Last’, ‘How Sweet it is to be Loved by You’, ‘Gypsy in my Soul’, ‘Feeling Good’,  ‘Cheek to Cheek’ en ‘I can Cook too’.

Anna se vorige twee Jazz albums Linger en Linger Longer is met groot sukses ontvang en Linger Longer word beloon met ‘n SAMA benoeming as een van slegs vyf CD’s vir Beste Jazz Album van die Jaar saam met internasionaal erkende kunstenaars soos Tutu Puaono.