Moment | YouTube


Na 7 jaar is Anna Davel se nuutste solo-album uiteindelik hier! Suiwer Davel in murg en been, met 16 witwarm, 100% oorspronklike liedjies uit haar pen. Elke song is soos ʼn foto van ʼn oomblik, ʼn venster op iemand se lewe of ʼn ‘snapshot’ van daardie altyd-ontwykende ervaring. Liedjies sluit in Kompas (hoe die hart sy eie pad volg te midde ons pogings tot orde), Photograph (Die besef dat iemand wat jy verloor het se geliefde gelaatstrekke besig is om uit jou geheue te vervaag), Afrika se son (Vir Anna se twee broers wat oorsee woon), Missing string (Hoe sommige mense vir ewig ʼn leemte kan laat) en Sondagmiddag (Die skoonheid van vervlietende oomblikke, soos een Herfsmiddag in Mei saam met ʼn spesiale vriend).

Moment

iTunes


Listen now on iTunes