MOMENT

R 100.00

Suiwer Davel in murg en been, met 13 witwarm, 100% oorspronklike liedjies uit haar pen. Elke song is soos ʼn foto van ʼn oomblik, ʼn venster op iemand se lewe of ʼn ‘snapshot’ van daardie altyd-ontwykende ervaring.Moment is haar vyfde oorspronklike album en Soos haar vorige oorspronklike albums is hierdie weereens ‘n introspektiewe blik van die dinge wat ʼn blywende indruk op haar maak. Oorspronklike musiek geskryf met haar eiesoortige waarneming en fyn persoonlike gevoelswêreld agter die pen.

Sy vertel van ervarings wat uitstaan, daardie verlammende oomblikke in tyd; die magiese kontak tussen twee sielsgenote, die klein aardskuddings langs die pad wat jou wêreld omkeer of stilletjies weer verdwyn. Dit wat deurbreek deur die stilte van die alledaagse om uiteindelik vasgevang word in ʼn skildery, ʼn gedig of in hierdie geval, ʼn song. Liedjies sluit in Kompas (hoe die hart sy eie pad volg te midde ons pogings tot orde), Photograph (Die besef dat iemand wat jy verloor het se geliefde gelaatstrekke besig is om uit jou geheue te vervaag), Afrika se son (Vir Anna se twee broers wat oorsee woon), Missing string (Hoe die verlies aan ʼn geliefde soms vir ewig ʼn leemte kan laat) en Sondagmiddag (Die skoonheid van vervlietende oomblikke, soos een herfsmiddag in Mei saam met ʼn spesiale vriend).

Die musiekregie en vervaardiging is behartig deur die legendariese SAMA en EMMY wenner JB Arthur (vervaardiger van o.a. Freshly Ground enwatershed, asook Filmmusiek-skrywer van o.a.Story of an African Farm en die offisiële FIFA 2010 musiek). Van Suid Afrika se beste musikante het saamgewerk tydens die opname van Moment. Die Kunstenaars wat op die album gehoor kan word, is o.a. Matthys Maree (klavier), David Klassen (Tromme), Denny Lalouette (Baskitaar), Nathan Smith en Juan ‘Floors’ Oosthuizen (kitaar).

23 in stock

Category: Tag:

Description

MOMENT