IN DIE LAND VAN KAMMALIELIE
R 60.00
Gewilde kinderverse word prettige saamsing-cd
Die sangeres Anna Davel, die kinderboekskrywer Jaco Jacobs en ’n briljante produksiespan het kragte saamgespan vir ’n CD met splinternuwe Afrikaanse kinderliedjies. Hierdie album is in boekwinkels vrygestel, en is reeds vir ‘n Ghoema en Tempo toekenning genomineer as beste kinderalbum.
In die land van Kammalielie is ’n versameling liedjies wat ure se vermaak vir kleuters beloof. Dit wissel van prettige, uitbundige liedjies soos “Wilde perd” en “Bambino, die reus van Bitterbos” tot liriese slaaptydliedjies soos “Slaap, Sibongile” en “Teddie se wiegelied”. Daar is ook lekker speel-speel-slim-liedjies soos “Tien pikkewyne”, “Dinosouruspret” (albei gebaseer op aftelrympies), “’n Dag by die dieretuin” en “Tande borsel”.
Jacobs, tans een van die gewildste en produktiefste skrywers van Afrikaanse kinderverse, se bundels Die Teddiebeerbus en Oempakadoempa was die bron waaruit Davel verse gekies het om te toonset.
Die 21 snitte op die album word gesing deur Davel en die Jakaranda-kinderkoor as gaskunstenaars. Die verwerkings is deur Davel en die gesoute musiekvervaardiger Devereaux van der Hoven gedoen.
28 in stock





