BLUES & SUSTERS
R 100.00
Baie min mense het geweet dat boeremusiek legende, oorlede Ollie Viljoen, inwese ‘n groot jazz en blues pianis was. Hy bied met hierdie CD: Ons Land Ons Lied (Blues en Susters) ons eie Afrikaanse-volksbesit-musiek op ʼn uitsonderlike vars musikale manier aan. Die album ontsluit tradisionele Afrikaanse musiek soos Jantjie, My Sarie Marais, Oom Bossie van die Bosveld, Sawends, Waterblommetjies, etc met ʼn nuwe Jazz/Blues- sleutel. Saam met Anna as die sanger speel Schalk Joubert (wenner van menigte Kannas en talle ander pryse en top vryskut baskitaarspeler), Lou-Ann Stone (Jazz saksofoonspeler, Nasionale Jeug Jazz orkes-lid en Sarie joernalis) en Kevin Gibson (Suid Afrika se voorste tromspeler wat o.a. Al jare met Johnny Clegg gewerk het) in om saam hierdie baanbrekende musikale geskenk aan ons land te bring. Vervaardig deur Ingrid Howard.
21 in stock