RAAISELS, SKEPE & ‘N 1000 DROME
R 100.00
Weereens is dit suiwer Anna in murg en been, met dertien 100% oorspronklike liedjies uit haar pen, asook ‘n splinternuwe bonus musiekvideo. Die musiek is effens meer ritmies as haar vorige werk, en wissel gemaklik tussen haar kenmerkende sielvolle ballades (Verdoof en 7 Jaar), na vars Afrikaanse Jazz-swing nommers (Los hom en Hoe ek daarvan hou), Engelse folk countryf (In Flames), Raserige gatskop blues-rock (Loop in die lig), rustige luisterliedjies (Dit wat stom is en Take me home), Country-rock (Auburn sky), Latino (The sailor), en natuurlik hier en daar is daar die wispelturige Gypsy wat onvoorspelbaar haar kop uitsteek (As jou hart reg klop).
Van Suid Afrika se beste musikante het saamgewerk om hierdie album uniek te maak en sluit in Mauritz Lotz, Bruce Wallace, Rixi Roman, Adam Howard, Jean Oosthuizen en Riana Nel. Daar is ook ‘n verassing – ‘n smeulende Latino duet met die rasper rocker – Ghapi! Die musiekregie en vervaardiging van die album is behartig deur Matthys Maree wat ook verantwoordelik was vir Davel se eerste 4 albums Te Diep, Gypsy, Godinne op die Grondpad en Linger.
Die lirieke is kleurvol en vertel van skepe op oop oseane, reise sonder of met bagasie, in snikhete of ysige koue, met onafwendbaar, hier en daar ‘n verkeerde afdraai. Daar is liedjies van terugverlang huistoe, rondlopers, getroues en ontroues, ‘n dronk matroos en ‘n verwarde tiener, Gewondes en verstotelinge, ou liefde wat maar sukkel, nuwe liefdes wat hoog vlieg, skuldiges en onskuldiges, die stiltes en die storms
30 in stock